Weer drie kort gedigte wat ek deel vir die lekkerte, ek hoop julle geniet dit.

Rippelkring

‘n naaldkoker huiwer-huiwer sag oor die dammetjie heen
stilte snak in oomblikke as blou en groen blits
die draakvlieggie daal en sy voete kus-kus in ‘n oomblik
die kristalvel water onder hom
en op die oppervlak en in my hart maak dit die teerste rippelkring

(C) 2013 allen simpson
Prentjie van wall.alphacoders.com

 

Stof tot denke

stof lieg nie, dit vertel van gisters
elke korreltjie soos die sand
aan ‘n uurglas onderwerpe
aan die continuum van moontlikhede
stof tot stof in elke stukkie
‘n ou siel wat gesels
‘n gister van blydkap of pyn
stof in jou herhinneringe
daar in jou siel, waar die spinnerakke roep
wag ek, dat jy my sal onthou

(C) 2013 allen simpson
prentjie van http://www.ehdwalls.com/

 

Kneus

tamatie verbruisel in ferm hande
sy rooi klanke tocatta tot in my wese
die sap spoel soos putwater
my hand gee jou die offering
saam lek ons die geskenk van vrugbare aarde,
rou en kou
aan klein pitte hemels…

(c) 2013 allen simpson
Prentjie van http://www.imageafter.com/

 

Advertisements