met iets worstel ons soos ‘n jakobsengel
wat ons in die doodsgreep het
want dis desember en die dood klop klop klop
en wanneer ons ingee
en wanneer ons ‘n pad van rou en hartseer agterlaat
weet ons nie die worstel sou ook verby gaan

desember maak bang as arm moeders geen geld het
om iets spesiaal te gee vir vraende kinder oë
wat nog so skaam-skugter in ‘n kersvader wil glo
(al ruik hy na bier wanneer kind by checkers
net ‘n oomblik vir hom wil sê
van die ben-10 video wat hy wil hê)
moeder sit neer die mes
jou kind het jou nodig
want selfs wanneer hy nie persente kry
kan jy hom leer liefde is die enigste persent
wat die swaartye onder kry

en dan iewers is daar ‘n meisie
sy sien nie ‘n toekoms want daar is geen werk
klein duifie het matriek gemaak
en loop huilend, sleepvlerk
wil dood gaan want daar is nie werk, sy is bang
duifie, my duifie sit neer die mes
die lewe is vol moontlikhede reik uit en vang

ons worstel teen die doodsengel
en desember is lank
maar kom, ons gee nie hoop op nie
en verdrink nie aan die drank
die lewe is vol moontlikhere reik uit en vang

want ek het
en ek gaan my moonlikhede nooit los laat nie

(c) 2014 allen simpson

Advertisements