ek weet van drome wat stadiger loop as slakke
en die wrakke
van songebleikte beendere van verdwaalde hoop

soms in die begrafplaas van die hart
maar

selfs in ‘n begrafplaas
kan jy blomme plant
nuwe lewe bring
hoop se beendere tooi
in die bloeisels van nuwe idees

geboorte skenk met jou hele siel

ek weet van drome wat stadiger loop as slakke
ek gee hulle blomme
want hulle sal uit kom waar hulle moet eendag

my hoop
kan
nie
regtig
vrek
nie

(c) 2014 allen simpson
geinspireer deur my awesome vriendin, Tania Meintjies, deur net te gesels met haar. Sy is ‘n awesome muse.

Vriendin, jy rock x

prentjie gekry op digital-art-gallery.com