Ek wil ‘n Jesus of ‘n Ghandi wees
so moeg om seer te maak en ontvang
Jesus het gemeng met sondaars
hulle nie name genoem
en net liefde gewys
maar daardie mense met hulle boekies by die deur
hoeveel keer
het ek hulle verjaag
of ‘n Hare Krisna Monnik
behandel soos die plaag
of ‘n Pagan sommer gedreig met die hel
en my verbeel ek is ‘n God wat oordeel kan fel
alle gelowe praat net liefde
waarom gee ons net oordeel en haat
ek wil net ‘n Jesus of Ghandi wees
of net ‘n Pagan wat vir almal wil heel
en elkeen met liefde en vrede aanraak

(c) 2014 allen simpson

Advertisements