daar is droogte iewers
en hier is volop reën
en in die donker ry ‘n bromponie
en die ridder vloek en skree
so ondankbaar teen elke druppel
en dit is so ironies
elke druppel wat hy vloek
is ‘n druppel wat iewers nie val nie

daar is droogte iewers
en beendere lê gesaai
soos sade wat opskiet
maar die lande is in hul maai
in die donker ry ‘n outjie op sy fiets
sy oë is vol trane
want die weer is ‘n bitch
sy pa moet die plaas verkoop
‘n tekort van reën
het hulle in ‘n skuldsee gedoop

wie is ek om die reën te vloek
daar is mense met niks
ek wens ek kan die reën vir almal bring….

(c) 2014 allen simpson