Hanneliese van hanneliesebredell07’s blog en ek was weer op een van ons avonture en die keer was dit Hartebeespoort Dam.

Oppad na Hartebeespoort dam…. kyk net die pragtige berge

grys water

grys water

die dam was grys en grou
soos die lug (geen blou
net die blou geluk wat glimlag)
in die oomblik

(c) 2014 allen simpson

 

ou god
ou god

ou god

soos ‘n ou god het die berg
gestaan en my geterg
deur my klein te laat voel
in die oomblik het die grootste seën
my deurspoel

ou god het groot god in my hart geword
ou god, wyse Moeder
Ewige Aarde

(c) 2014 allen simpson

ou god (vers twee)

ou god (vers twee)

ou god, ek kyk op na jou, o berg
o Moeder wat lewe gee
my hulp en my verlossing
jou oeste voed ons
jou waters gee rus
jou seën laat my hart oorloop
in nederige ink
groot is jy ou god, Moeder
amen

(c) 2014 allen simpson

hanneliese en die vreemde wese
hanneliese en die vreemde wese

Hanneliese het saam met een van die vreemde wesens by  een van die miljoene stallejies langs die dam geposseer 😉

die fluisterlinge
die fluisterlinge

Die Fluisterlinge

Die hout mense het gefluister
ek wou so graag luister
maar stilte het vinnig neergedaal
en ‘n oomblik het in die niet gaan wegdaal

(c) 2014 allen simpson

Hier het ek vir my ma kom hello se…
hier het haar as gewaai so lank terug
dit voel soos ‘n miljoen jaar terug…

dit voel soos nou

Foto by die dam geneem en die foto het my laat dink aan 'n ou gedig van my

Die foto is ook vandag geneem en het my laat dink aan ‘n ou gedig van my, toe sit ek dit in die foto

Hanneliese het haar vlerke bietjie geoefen
Hanneliese het haar vlerke bietjie geoefen

Die volgende foto het my nogal getref, Ons het om die dam terug gery en daar in die veld was ‘n brug….

brug na nêrens

brug na nêrens

alleen soos gister-onthou
is my brug na nêrens
die veld een hom op
tot net rommelkippe sal getuig
eendag was daar ‘n brug
(maar soos ‘n feeverhaal
het erens nêrens geword)
eendag was daar ‘n brug
‘n brug na nêrens
vergete tussen unicorns en antjie somers
tussen gister-onthou
en net die memories vasgevang
tussen eke en jou…

(c) 2014 allen simpson

Dankie vir die kuier met my en ook wil ek vir Hanneliese dankie se vir ‘n onvergeetlike pragtige dag met ‘n onvergeetlike pragtige mens ❤

gedigte (c) 2014 allen simpson
Foto’s (c) 2014 allen simpson en hanneliese bredell

Advertisements