hoe sag voel ek jou rondinge en kontoere
in my onthouroete in my hart
daar waar jy in gisters nog woon

en die smart verdwyn vir ‘n oomblik dan
tot stilte weer intree en oor my bars soos ‘n dam

hoe teer klink jou fluisterwoorde
in die gister-oomblikke
waar jy my naam genoem het

en die hoendervleis verskyn, verdwyn
en verdamp in die leemtes, hier sonder jou

Desembers sonder jou breek my hart
in klein krummels
en die wind van verlange waai hulle weg

my meisiekind, ek hoop hulle waai na jou
al is dit Hemel ver…

(c) 2014 allen simpson

Advertisements