ek loop in die woude van onthou
vol mites en legendes van lank gelee
toe ek nog net stof was

en soms is ek ‘n droom
‘n onwerklikheid vir die blinde siele
wat nie verstaan nie, want

hulle wêrelde is klein
hulle leer niks nuut nie
hulle stof tot stof net
klaar dood

maar uit stof het ek opgestaan
uit my as het ek feniks geword
en my vlerke het sterk geword
en gereik na die son, maan en sterre

ek het die onoorwinlike son geword
gekroon, glinsterend
‘n Prometheus wat vlam gee
‘n Osiris wat dood oorwin het
‘n Odin wat een-oog wys word

ek is want ek is en sal altyd wees
SOL INVICTUS

(c) 2014 allen simpson
prentjie van http://images.forwallpaper.com/

Advertisements