EK sit eendag in ‘n Wimpy en rook ‘n sigaret. Oorkant my is ‘n Tannie (ek doop haar sommer Sannie Seekoei vir die storie). Sannie Seekoei gluur almal aan van agter haar lang menthol sigarette. Haar hare rooi gekleur en ‘getease’ en haar lipstiffie 6 skarkerings rooier as ‘n Tamatie. 

‘n Meisie sit en Tarot Kaarte lees by ‘n ander tafel vir haar ou. Die outjie rook en luister vir haar.

Sannie Seekoei kyk toe na my asof ek een van haar boesem vriende is en fluister vir my:”Jy weet wat sy doen is sonde?”

Ek vererg my vir haar en sê:”Jy weet, om mense te oordeel is sonde. Daardie kaarte is dalk deel van haar geloof. Sy het ‘n reg om wat sy glo, te beoefen, en dalk is kaarte lees heilig vir haar geloof. As jy ‘n opinie het, hou dit vir jouself en jou God, en as jy ‘n probleem het met die arme meisie, gaan na jou binnekamer en bid vir haar en moet nie onskuldige mense soos ek insleep in jou Oordeelsinnigheid nie.”

Sannie Seekoei het my aangesluur, haar sigaret verbrysel, op gestaan en geloop.

 

Die punt is, niemand van ons is ‘n God wat die reg het om mense te veroordeel omdat hulle anders is nie. Wat vir jou en my sonde is, is miskien nie vir ander nie.

Selfs in die Bybel het Jesus deurgeloop deur mense soos Sannie Seekoei net omdat hymense genees het. Tarot kaarte kan ook genesing bring en mikien was die arme kind wat so sleg beskinder is deur Sannie Seekoei nader aan God as ek en Sannie Seekoei.

Respek kos niks al aanvaar mens nie ander mense se oogpunte en verskille nie, kan mens nogsteed ander mense respekteer vir wie en wat hulle is.

Ek is ‘n heiden en ek repekteer Moslems, Christene, Buddhiste, Hindoes ensovoorts. As ek na hulle kyk sien ek nie sondaars en kinders van die duiwel nie. Ek sien potensiaal want elke persoon op ons planeet het iets pragtig in hom en haar wat my uit my sokkies gaan bless en om mense te oordeel gaan my net beroof van daardie geskenk wat op my wag.

Kom, en soek blessings saam met my in elke persoon, ongeag van ras, geloof en verskille.

(c) 2014 allen simpson

 

Advertisements