sweet vorm vuil ‘n kokon
en dis middernag
die hitte wil nie breek nie
en mens kan nie smeek nie
winter verlange roep in my
ek is gatvol vir sweet en insomnia

net soos ‘n kreef kan ek nie in kookwater slaap nie
net soos ys verdamp ek hier na middernag
en wens vir slaap om my marteling te stop
of selfs vir ‘n geyste stywe dop

o somer, mislike somer
ek wens jy wil my verlaat
sodat ek een aand weer lekker kan slaap

die middernag sweet blues
die insomnia verpletter my
o somer, mislike somer
ek wens jy wil my verlaat

(c) 2015 Allen Simpson

Advertisements