Vir die wat vra word die melk van wysheid nooit geweier nie
maar wysheid is soos ‘n frangipani boom
en elke blom wat jy pluk, vloei melk vrylik uit die wond
want niks wysheid kom sonder ‘n prys nie
maar die frangipani boom word heel
tot weer ‘n blom gepluk word
en melk reën

en as mens die blom nie bewaar nie
word hy pap en dood
so is wysheid
dit vergaan as mens nie luister nie.

Die aroma van wysheid is soet
en die reuk kan bly in die hart
in die onthou

(c) 2015 allen simpson

Advertisements