Eeue voor die eerste Christene in Ierland aan gekom het, selfs eeue voor die geboorte van die Hebreeuse filosoof Christus Jesus het die Iere al in die konsep van die ‘Drie Enige Godheid’ geglo. Die konsep is ook in baie ander godsdienste en is nie alleen ‘n Christelike konsep nie.

Vandag nog in Wicca en ander gelowe wat glo in die Ou Gode (Met ander woorde die Gode waarin enige nasie geglo het voor Christene daar aangekom het) is die Drie Enige Godin ‘n belangrike beginsel van die geloof.

Vir mense soos ek wat in die Ou Keltiese Geloof is (Witta) is die Drie Eenheid van die Moeder Godin baie belangrik.

Die Drie Enige Godin vir die Kelte bestaan uit Danu (Die Godin as Maagd), Badb (Die Godin as Moeder) en Macha (Die Godin as Crone*)

Die Godin as Maadg is belangrik tot die voortbestaan van alle lewe. Haar kleur is wit wat onskuld en nuutheid voorstel. Sy is die Lente tyd, Sonsopkoms, die ewige jeug en krag, betowerend en die Nuwe Maan.

Die Moeder as Godin is die rypheid van vrou wees, die rykheid van lewendig wees. Haar kleur is rooi, die kleur van bloed en lewens energie. Die Moeder is somer seisoen, die dag, verlustiging, onderwyser en die volmaan.

Die Crone* of Donker Moeder of Kroon (Afrikaans het nie ‘n word vir Crone nie daarom word verskeie terme vir haar gebruik) se kelur is swart, want in donkerte rus die lewe voor hergeboorte. Sy is die winter seisoen, die nag, wysheid, raadgewer, en die poort na dood en reinkarnasie, die Ou Maan.

(c) 2015 allen simpson

Advertisements