Ek is spraakloos oor hierdie pragtige gedig wat aan my geskryf is….

Hanneliesebredell07's Blog

Kennis-
is meer werd as al die goud ter wereld
en vriende-
skitter soos diamante…

al die prag en praal,
is van nul en gener waarde
wanneer jy nie oor kennis beskik,
om jou prag en praal te besing nie

kennis bemagtig,
van die kleinste
tot die grootste
die armste,
tot die skatrykste

die somtotaal van kennis
laat jou ‘n ‘oorlog’ oorwin,
meer vernietigend
as die kragtigste atoombom

om kennis te kan deel,
te kan oordra
vermenigvuldig waardes en agting
en
om so iemand te mag ken,
‘n reen van seen…

Akrostigon-naamdig
(‘n Gedig waarvan die beginletters van die reels ‘n naam vorm)

Allereers moet jy weet, om te
leer om te
lees en lees
en lees
nimmereindigende voordele inhou

Weet wat jy moet weet
ongeag jou taal, kleur of postuur
lees bevoordeel jou
fantastiese voordeel vir
ieder en ‘n elk, om
eie waarde op te bou

Slim is irrelevant

View original post 73 more words

Advertisements