woord aambeie wat soos brandsiek honde
skuur teen mense net vir status
maak mens net lyk soos ‘n bi-polere idoot

ja moet ja wees en nee moet nee wees
want ‘n jintelman noem ‘n graaf, ‘n graaf
en ‘n dame ook

opinies wat soos klawergoud skitter
en kort-kort verander val soos bloed
en die stank maak mense lag en skinder

wees eerder skoon van daad en woord
want aan jou woorde sal jy geken word
en aan jou dade geisoleer word

elke pyn wat die voodoo tong saai
kom terug in die spieël, ‘n skoppelmaai
wat net opeindig in ewige alleenheid

hou jou opinie vir jouself
los die menigte uit
wat agter jou rug
hoonlag met euwil genot

(c) 2015 allen simpson
geinspireer deur Facebook

Advertisements