die vroetelstemme in die nag
van reëndruppels wat val, so sag
en verder stilte

dis jy en ek alleen

die hitte wat breek soos ‘n granaat
en stof wat vergete raak
terwyl ons oukombers lê, en luister na reën

dis jy en ek alleen

dan is dit asof die stilte bars
in skerwe tussen elke plas
donnerse bliksemstraal

dis jy en ek en jy klou my stywer vas

(c) 2015 allen simpson

Advertisements