The Persistance of Memory - Salvador Dali-
The Persistance of Memory – Salvador Dali-

vandag is maar net nog ‘n dag
waar ek wandel alleen
sonder jou

maar net ‘n vakuum dag
soos die buitenste ruimte
waar daar baie plek vol niks is
tog is daar sterre
wat net help onthou
dat al die mooi is weg
vir nou

in die ruimte lag kwasars en
dans planete gravitasie-mal hulle dans
en ek mis ons ritme
ons eie dans
maar die wentelbaan wat jy is
het my af laat dwaal
ek dobber alleen, soliter
in swart abyssimale ruimte
tussen sterre
maar my hart is blind vir hulle flikker vandag

jy het gesê ek moet vir jou wag
hoe lank nog
moet die tyd-ruimte kontinuum
my sap van my krag…

maar eendag is jy terug
ek sal dan weer kan asemhaal
maar
net
tot dan
leef ek in die onthou

(c) 2015 allen simpson

geinspireer deur die werk van Salvador Dali

Advertisements