Ek en Hanneliese was uiteindelik in Cullinan en dit was ‘n epiese avontuur.  ek het ‘n paar fotos om te deel en weereens waarsku ek dat die fotos se kwaliteit nou nie professioneel is nie. Ons is digters en nie
fotograwe nie hehehehehe

(1) Die Stasie Retaurant

Op Cullinan is ‘n restaurant op die stasie en die atmosfeer is absoluut fantasties en al die mense daar was vriendelik.

Hier staan ek by die ingang na die Stasie Restaurant.

 

Selfs die kietie-kat het gedink die atmosfeer is rustig en het gerus in die holte van ‘n groot hout plank

 

“Moenie drink en stoot nie” anders val al jou aartappels dalk uit 😉

 

Binne die Stasie Restaurant was ‘n antieke rewolwer en panfluit teen die muur en dit het my laat dink hoe gepas dit is: Die een gee rus vir die siel en genees, die ander eindig mens se lewe en bring hartseer…..

 

Ek was nie seker of dit al die whisky en wyn was nie, want ek het ‘n Volla in my dronkenskap deur ‘n muur sien ry…. toe neem ek ‘n foto…. ek was toe nie so dronk nie

 

Die pragtige Hanneliese het ‘n bietjie gelê-swaai en die maanlig geniet

 

cullinan 053

Die Stasie Restaurant bedien hulle kos in grawe en hier voed Hanneliese my ‘n paar happies Kerrie en Rys. Ek het ‘n Stasie Pasty gehad em skyfies. Die kos was heerlik en julle moet daar gaan eet eendag.

 

Later vandag deel ek nog stories en glo my julle wil dit nie mis nie. Onderandere wil ek julle van die spook vertel, ‘n pragtige teater wys en na ‘n wonderlike begrafnisplaas vat met my fotos.

Alle fotos op die artikel is die kopiereg eiendom van Allen Simpson en Hanneliese Bredell

(c) 2015 Allen en Hanneliese