Ek en Hanneliese was in Oak Straat in Cullinan en daar was die pragtigste winkels, en die lekkerste eetplek in Cullinan, miskien in Gauteng! Weereens waarsku ek verskoon die foto kwaliteit, ons is digters en nie fotograwe nie.

(b) Gems on Oak

Ons was al moeg geloop en het gelei aan melkskommel-lus toe ons die oulike plekkie Gems on Oak gewaar het. Dit was asof die plekkie ons getrek het soos magnete.

20150201_131722

Ons het onder die pragtigste Pride of India boom gaan rus en die plekkie se een eienaar, Gavin het on vertel dat die pragtige boom oor die honder jaar oud is. Die boom het heerlike koelte gegee in die bloedige hitte en die melkskommels was heerlik gewees.

 

Hulle het die heerlikste pannekoek met fyn biltong, butternut en roomkaas met gekarameliseerde uie en ‘n balsamiese asyn sousie bedien en dit was die lekkerste pannekoek wat ek in my lewe geeet het…. Die slaai was ook perfek gemaak (mense is geneig om slaai mos op te donner deur hulle slaaiblare te groot te bedien maar Gems on Oak het hulle storie geken)

 

Binne in Gems on Oak is ‘n kunsgallery en die interesant skildery het my aandag getrek en moes hoor dat die skilder deur ‘n verskriklike slegte tyd gaan (ongelukkig mag ek nie deel oor dit nie uit respek, maar mens kan dit aan die skildery sien dat die skilder deur hel gaan….)

Gems on Oak het nie net lekker kos en ‘n gallery binne nie, maar ook verkoop hulle stene en wieroor asook beeldjies en boeke. En die eienaars Terry en Gavin is die lieflikeste mense met ‘n openhartige gees wat mens net aanraak en lief kry.

Ek en Hanneliese beveel Gems on Oak aan as jy Cullinan se hart regtig wil voel, gaan klop aan by hulle. Jy kan hulle ook kontak en meer uitvind oor hulle

Terry 082 791 0793

Gavin 084972 5258

epos: gavin.forster@gmail.com

 

Alle fotos op die artikel is die kopiereg eiendom van Allen Simpson en Hanneliese Bredell

(c) 2015 Allen en Hanneliese

More sit ek ‘n laaste blog op met nog ‘n paar fotosvan Oak Straat,so kom kuier gerus weer.

Advertisements