Hier is Hanneliese se weergawe van die Trein Stasie op Cullinan 🙂 Sy stel alles so mooi, ek moes dit ook deel.

Hanneliesebredell07's Blog

Een aand op die perron van Cullinan stasie…

image

Maar eers het die familie Meerkatjies ons by ons blyplek verwelkom….ek is seker hulle kon ons geestelike verbintenis met Moeder Natuur aanvoel!! Hulle geklets onder mekaar was duidelik hoorbaar en hul opgewondenheid was aansteeklik….

image

Daar klou beslis nostalgie aan ‘n verlate stasie waar eens stemme van hartseer vaarwel, maar ook gelukkige verwelkoming, opgeklink het. Allen se vertelling van sy gedagtes rondom ‘n stasie, het my ‘stasie onthou oomblikke’ na vore laat kom…

As kind het ons baie op die treinspoor gespeel. Marmerkop stasie was, of is steeds, op my Pa se plaas. Daar het ons elke aand saam met Pa die melkkanne op die passasierstrein, na Pretoria, gelaai. Die vorige aand se lee kanne is dan ook afgelaai. Ma het weer pruime en perskes aan die passasiers verkoop. Die geweldige stoom wat die stoomtrein uitgeblaas het, het my altyd aan ‘n wreedaardige…

View original post 201 more words

Advertisements