Die beste orgie ooit was baie ordentlik en passievol mooi geskryf deur Andre P Brink. Hy het die boek geskryf terwyl dinge tussen hom en die fantastiese digteres Ingrid Jonker nog goed gegaan het.

Anders as meeste boeke is die teks vertikaal geskryf en dus moes jy die boek vanuit ‘n ander hoek lees. Dit is in ‘n kwasi-digvorm en dialoog geskryf.

Hierdie is my eulogie aan Andre P Brink aangesien sy boek Orgie een van my kosbaarste besittings is wat ek vir niemand sal leen nie. Nooit nie. Dis te skaars en kosbaar.

Hier is ‘n uittreksel uit Orgie:

“Die uiltjie het laasnag geskree
in die vyeboom naby die heining:
jy wou nie meer alleen wees nie
maar jy durf jou nie meer gee
want die uil het geskree in die bome
en die Tuin word leeg van ons-
dis die kleindood in die donker
dis die grootdood in die nag
en jy is nie van die donker nie
jy is vir die dag”

ook in die boek Orgie het Andre P Brink geskryf:”die wurm roer in die kokon en wag op ‘n wedergeboorte met vlerke”

vlieg hoog, Andre, jy word gemis….

(c) 2015 allen simpson
alle aanhalings van Andre P Brink is nie onder my kopiereg nie.