Ek mis die lui-lui dryf in die Sunnyside Municipale Swembad
die Sondag vlooimark stalletjies in Esselen Straat
bioskoop loop by die Oscar en Village
kafee pies en tjips op die pavement
ek mis die goth clubs en Cafe Galleria dronkword
ek mis die lui van die NG Kerk klok op Sondae
ek mis Sunnypark inkopies toe die plek nog siel was
en jare se uithang en chat by die kunsmuseum
toe Sunny nog mooi was en memories

maak my seer as ek in jou strate afstap
dis vuil en Macdonalds burgerpapiere lê op
die sypaadjies soos vuil matte
mens vee hulle gatte
af aan die hart van ou Sunny
en ek wil saam op ‘n bankie sit met die dronk tannie

wat gesuip lê en haar pensioen seker opgesuip het
want Sunnyside het ‘n Zombieland geword
waar net lopende dood krioel
o, my hart wil net treur en spoel

want my Sunny is so dood…
haar Sunnyside up is nou ‘n downer in my hart

(c) 2015 allen simpson
ek gebruik aspris straat taal in my gedig vir ‘n slag