die verlepte angelier
hou gisters in sy blare
spore van onthou
jy en ek
jou tong wat sagkens
roomys van my vingers af lek
sypaadjies se luukse ete
soos konings
met tjips en franks
en coke
sonder sorge
in ansatas op die sypaadjie
ek en jy
gedroogte angelier
herhinner aan die verby
herhinner my aan jou
jy is in my onthou
my vuis frommel die blom
en ek gooi dit in die wind
dalk bereik dit jou
waar jy jou bevind…
en jy onthou…

(c) 2015 allen simpson