lot se vrou 1

Lot se vrou se lot
deur Allen Wolfie Simpson

versteen
asof in die oog van Medusa
pad trauma
road kill
steenbokkie wat het jou besiel
was jy soos Lot se vrou oorweldig
oor wat jy gesien het?
het die lig van die kar
Jou versteen
jou siel ontbeen?

en ons, sal ons versteen
in die lig net staar
as gevaar op ons neerdreun?

Sal ons ver-ys of sal ons smelt
in oomblikke van gevaar?
oomblikke waar…
ons onself ontmoet?

weird dat bokke net stil staan as ‘n kar voor hulle op doem op die pad.
weird dat as ‘n glas val, ons net stilstaan tot hy in skerwe spat…
weird dat ons soms eers in skok oomblike verstaan hoeveel sout ons werd is,
weird dat daar soms iemand is, wat keer vir al wat daar werd is…

(c) 2015 allen simpson

Die gedig kom uit my eerste bundel ‘Tales from The Flow’ en is die gedig waarmee ek ‘n kompetisie in geskryf het en toe as finalis my eerste bundel mee gewen het.

My first Book: Tales from the Flow
My first Book: Tales from the Flow

lot se vrou 2

Ek wou nog altyd ‘n foto neem en die gedig hier plaas, toe neem ek sommer ‘n paar.

lot se vrou 3

Hanneliese moes eenvoudig ook ‘n beurt kry 🙂

 

Foto’s 1,3 en 4 kopiereg Allen Simpson en Hanneliese Bredell

Foto 2 (My Bundel) Kopiereg Allen Simpson

Advertisements