Selfs die twee pragtige platiekmeisies sal getuig dat daar iets geheimsinnig aangaan in die ou Cullinan Recreational Centre.

Dit het so begin. Ek en Hanneliese het in Oak Straat rond gesnuffel toe ons ‘n winkel gewaar met die woord ‘Chocolateur’ opgegriffel. Nou sjokolade is nou maar die wolfie se swakpunt en toe ek sien die deur is oop het ek Hanneliese gegryp en ingesleep. Agter ons het ‘n ou tannietjie ook hygend in gedraf.

Ons en die Tannie (later het sy haarself as Ta’ Kotie bekend gestel) was almal so teleurgesteld om te hoor dat die winkel ‘binnekort gaan oopmaak’ en dat daar nog nie sjokolade was nie.

Die tannie het toe gesê:’Jinne my kind jou grimering is mooi kom jy hier optree?’

‘Nee Tannie, ons kom neem snaakse fotos van ou dinge en weird goed vir my gedigte.’

‘Haai kind, dan moet ek jou vertel van onse geheime plek!’ het sy gesê en begin vertel van die Cullinan Recreational Centre se saal met die agt skilderye. Toe raak sy stil, gluur my aan asof sy iets van die heelal af weet wat selfs die gode ne weet nie.

‘Seun, daar is ‘n legende in onse dorp en ek het dit met my eie oge gesien, toe ek nog kon sien giegiegie’

Nuuskierig het ek nader gestaan. “Wat het tannie gesien?’ het ek gevra.

Daar in die einste saal, weg  gesteek bo die paintings in die saal tussen dak en plafon is ‘n geheime kamer met ‘n negende skildery.” Sy het haar handsak oop gemaak en ‘n verfrommelde foto uitgehaal.

Dit was die foto van ‘n harp, en daar was vrymesselaar’s simbole om dit. Ek wou die foto en die tannie af neem maar sy was bang want die geheim is glo gevaarlik. Toe respekteer ek haar gevoelens en neem nie ‘n foto van haar of die negende skildery foto nie.

Ek wonder net of ‘n klomp Vrymesselaars van Cullinan my nie eendag hier gaan kom ontvoer nie, omdat ek die storie met julle deel nie.

Die skilderye is massief en hang bo in die saal, buite mens se bereik.

Hier is ‘n paar van die fotos wat ons in die Cullinan Recreational Centre geneem het, dit sal julle dalk ‘n idee gee oor hoe skildery nommer 9 kan lyk…

Verskoon die kwaliteit van die fotos, soos ek altyd sê, ek is ‘n digter en nie ‘n fotograaf nie. Hanneliese se fotos het baie mooier gekom

Allen en Hanneliese Cullinan 2 053 DSCN1033 DSCN1028 DSCN1027 Allen en Hanneliese Cullinan 2 055 Allen en Hanneliese Cullinan 2 054

Al die fotos is die kopiereg eiendom van Allen Simpson en Hanneliese Bredell (c) 2015

(c) 2015 Allen Simpson

Later vandag is daar nog oor Cullinan, bly ingeskakel 😉

Advertisements