Jou wrintie waar, ek hou van Hanneliese se weergawe want dit vertel ‘n storie.

Hanneliesebredell07's Blog

Tyd kring uit…
al wyer en wyer

image

tyd om te vertrek
op die koets van herinnering

image

in hierdie geval,
bestuur deur ‘n wolf
spring op…

image

tyd is ‘n sluier,
sodat ons soms vergeet,
tyd staan nie stil

image

tyd word vasgevang
van vergange se tyd af

image

om memoires vastegryp
wanneer tyd roep vir onthou,
maar soms ‘n dowwe onthou…

image

tyd teen die muur
tik tak, tik tak

image

selfs die Natuur
wys tekens van tyd

image

en Wolfie roep…
maar die boomspook hoor niet….

image

tyd vir aanbidding

image

ons offer wag daar…
ons Godin weet waar…

image

tyd is soms,
net ‘n weerkaatsing van onthou

image

stop…
en neem wat die tyd jou bied

image

of dit bly net ‘n fluister
in boomtoppe verniet

image

wat vlug van die lig…

(c) Hanneliese 25 Februarie 2015
Alle fotos die kopiereg van
Allen Simpson en Hanneliese Bredell

View original post

Advertisements