mense ken nie die legende
van ‘n rooikappie en ‘n wolf
van liefde by ‘n waterbron
tot die laaste kus as die son opkom

en wolf wat haar hand teer los
as sy soos ‘n veld nimf verdwyn
en die dag word ‘n belofte om haar weer te sien
as maan swangervol verskyn

skemer dans in die wolf
die beloftes van sterre aan die kom
die hadeda sing vir oulaas in bosveld bariton

die maan kruip uit die berg in volblom
en as die uil hoe-roep en die sterre opsom
en as skemer dans in die wolf
vloei rooikappie se mantel soos ‘n golf
tot terug in sy arms en hart

en die nag is lank, en skemer dans ewig in die wolf

(c) 2015 allen simpson
gebaseer op ‘n ou memory

prentjie gekry by hdwyn.com

Advertisements