as alles swart en wit is
en lyne word marionettoue
wat jou in ‘n lineêre hel
vasklem

en alles word zugzwang
vasgevang
die ewige jaag na niks
nege to vyf vervloeking
want jy werk om jou rekeninge te betaal
en kan nie eet nie

ekonomies gesproke word die mens
deur
homself
op
gefok

(c) 2015 allen simpson

Advertisements