bou blokkie vir blokkie
steen vir steen gemessel in hoop
asof jy blare in die wind gooi
en hoop dit bereik jou droom

blinde geloof
kan jou laat val
kan jou ‘n ikarus-oomblik gee
waar vlerke van hoop wegsmelt
in die ongenadige son van realiteit

Mag mens dan nie droom nie?

Hoekom wil mens beter hê
as beter ‘n droom is
wat soos ‘n laksman eier val in ‘n nes
en al die ander eiers word stukkend gepik?

Mag mens nie droom nie?

(c) 2015 allen simpson

Advertisements