in my gisters het ek in die newels van vergeet verdwaal
waar net poeiers en naalde die poorte oopmaak
waar gister se pyn en leiding wasems word
waar ons almal geraamtes word

in my gisters het ek in die newels van vergeet gedwaal
een van die verlore kinders wat niks werd geword het nie
wat almal net veroordeel het
en ek het gedwaal saam met

verkragtes, verkooptes, verslaandes
uitverkores van pyn

daar het ek verdwaal

die laaste inspuiting het ek smekend gevat
gedeel met ‘n vrou vol vigs
en met die laaste asem het ek nogsteeds gedroom
van ‘n laaste heroine kus…

en die newels van vergeet het my opgesluk
to ek ook net newels was
en vergeet is…

(c) 2015 allen simpson
vir die geraamstes…

Advertisements