tussen die maan en die skemersang
onthou ek jou, jy was nie bang
daar was sterre so baie so ver
en iewers het ‘n bok geblêr

maar jy was dapper soos ‘n held
in die hooi was jy die speld
die rare diamant wat mens honderdjaar soek

tussen die donker en die lig
het ek jou gevind in vlug
uit jou as het jy opgestyg
soos ‘n feniks in die wind

want jy was dapper soos ‘n held
en kanker het jy oorwin
met die grootste swaard van hoop dit verslaan
en dit weg geblaas om die maan

hierdie is ‘n ander sprokie
waarmee ek jou besing
want jy wou nooit ingee nie
jy is ‘n feniks vir my siel

die feniks in my siel

(c) 2015 allen simpson
vir my feniks

Advertisements