000 01 katabasis

Sy dra haar rooi kappie
en gaan op haar Katabasis-tog
af
af
Hades roep
‘n belofte is gemaak

die drie-kop wolf
Cerberus wag
op sy pond vleis
sy dra swaar
tot die wolwekoppe
soos klein heuwels vir haar grom
sy sit haar kappie terug
en Cerberus kalmeer
sy gooi drie beendere liefkens neer

Sy mis haar ma, Demeter
maar Hades wag
sy bruid kom terug
en Demeter moet maar treur
en die winters bring….

(c) 2015 allen simpson
Katabasis is ‘n Griekse term wat ‘Neerdaling’ beteken (In Engels Decend)

Die gedig is ‘n soos van ‘n remix van die verhaal van Rooi Kappie en ook die verhaal van Persephone en Demeter. Griekse en Romeinse mites is lekker as mens dit ‘spin’