hande teer en seer, verweer of sag soos satyn
word een, saam met kniee nederig waar pyn
en liefde en lofprys en smeking en
teenwoordigheid van Heiligheid geskied
hande bring almal saam, palm op palm
in gebed

van Shinto en Judaisme
Buddhisme en alle ander gelowige -isme
en ook Christenskap bring almal hande saam
en vra, en loof en eer

“Ek bring my hande saam
vir almal wat ek lief het
Genade Onbeskryflik Groot
lei ons. lei ons almal
en laat daar liefde wees”

(c) 2015 allen simpson

Advertisements