waar drome sag-sag fluister
en krioel-kruip uit
die persepsie van die blind
molle wat molshope grawe
en ondergronds bly
en net uitkom om te knibbel
aan die waarheid
en terug gaan in vrees

en die Waarheid staan daar
trane op Haar wang

“neem, eet my vlees, ek is waarheid, ek maak vry”

maar hulle is te bang

blindemol, blindemol die donkerte gaan jou vang…

(c) 2015 allen simpson

Advertisements