Ek het ‘n kleintjie dood…. regtig…. sien toe ek ‘n kind was is ons met ‘n liniaal of rottang gekindermishandel as ons nie reg kon spel nie. Deesdae spel almal mos verkeerd. Selfs ek.

Die kriminele woord wat my vandag so laat kla is die woord ‘biekie’. Wat de hel is die woord en waar kom die blikskottel vandaan? Want ek is seker ek kry nog ‘skimpyne’ op my tabernakel oor hoe ek as kind die woord ‘bietjie’ verkeerd gespel het en persoonlike vriende met meneer rottang geword het, wel my tabernakel het.

Biekie sal altyd str*nt in my ogies wees, oor al die kinder mishandeling wat ek deur sadistiese onderwysers oor die woord moes verduur.

Bietjie is beter, en dit is korrekte Afrikaans.

Wees bietjie trots op jou taal en moenie ‘n biekie-idoot wees nie.

(c) 2015 allen simpson

Advertisements