jong wolfie sou ‘n wêreld verken
‘n verskil maak
ou wolf kyk terug
sien sy spore en wonder soms,,,

jong wolfie het droombeelde gehad
ou wolf droom nog
sommige droombeelde het vere in die wind geword
sommige het drome geword en wag
swanger…

drome word waar of
drome word swaar
drome word wolke
en wolkbreuke
bring soms die reën

(c) 2015 allen simpson

Advertisements