soms is ek in die hel
vaar ek op die brandende boot
Charon grinnik vir my
en ek voel dis verby…
wanneer jy –
soos Hera jou woede op my ontluik
wat sal dit bereik…

dan maak ek my oë toe
skuil van jou medusa kyk
mompel ‘Wyk Satan Wyk’
verbeel jou slang hare
verander in ‘n Afro Pruik…

maar tog as jy word soos ‘n kalm see
my jou liefde gee
jou valkyrie uitrusting afhaal
jou metamorfose ‘n nimf word
deur jou lippe verslind word
jou tong in my lek kielie
my deur my laaste uithou biellie

dan word ek jou adonis
en jou venus-tastinge
blus my Inferno vlamme aan
en saam word ons fenikse
woede word wyn
wyn word oseane
en swiep ons op…

word weer kwaad my lief
ek wil myself verloor in jou inferno…

(c) 2012 allen simpson

Advertisements