elke siel is ‘n botteltjie
wat jy by jou dra
maar jy moet jouself vra…

“is my botteltjie liefde?
is my botteltjie gif?
klop my hart vol vrede?
of is hy vol gewig?”

“soos Ma’at harte weeg
in ou Egiptiese boeke te vertel
sal my hart ligter as ‘n veer weeg
of so swaar soos die gewig van hel”

is dit nie beter, om eerder
liefde as gif te deel
as om soos ‘n nare gifappelheks
geluk by almal te steel?

so suiwer die liefde
verander kwaad in goed
as ons onself net kans gee
om net die goeie in ons medemens te soek…

(c) 2012 allen simpson
geinspireer deur Ma’at en Anubis… En ‘n bietjie Jackie Chan… regtig!!!