The lang naweek wat verby was was pure hel. Die aand van 29 April het ons krag afgegaan en ons het gehaas na die Spar om krag te koop met die kaart. Die kaart het geweier. Pre-paid krag is ‘n wetter…

In elk geval, toe bel ons die Tshwane munisipaliteit en kry ‘n verwysingsnommer na ons die fout gerapporteer het. Na 3 lang dae in donkerte waar ons maar van Pizzas en MacDonalds geleef het en Coke gedrink het in plaas van Koffie het hulle eers hier aan geslenter.

Toe pleit hulle: ‘Eet was ahn klerikal problam, not ahn teknikal problam, sar” en maak toe alles reg.

Plaas laat hulle sommer vir ons gaan vleis koop het, want dit moes ons vervang. En geld wat ons nie wou gebruik het nie vir ons teruggee want ons wou nie dem kits kos eet nie. Kyk ‘n boerseun like van rys, vleis en aartapels, en jy weet, boerekos.

Tussen die beurtkrag en munisipale ‘klerikal problams’ gaan ons nog mal word.

Ek het darem ‘n ligpunt wat my opgebeur het. ‘n bewonderaar van my op facebook het een van my gedigte opgekikker met haar kuns talent. Sy is nogal ‘n Amerikaner. Sien Yankees hou ook van die wolf.

O ja, ‘n tip vir almal wat nie op ‘voorbetaalde (Pre-paid)’ krag is nie, bly weg so lank jy kan. Betaal eerder Maandeliks voor jy aambeie kry van al die nuwe krag verwante probleme waarmee ons sukkel.

Kyk net hier!

(c) 2015 allen simpson

Advertisements