“Hallo Wolfie, jy was skaars?” vra jy opgewonde.

“Hello Wolfmater! My landlyn was af en dood soos ‘n mossie vir ‘n paar dae, maar ek her darem ‘n paar gedigte geskryf en boek gelees.” Ek krap my wolwe ken.

Jou ogies blink soos twee oggend sterre. “Wolf, wolf wat lees jy?’

Ek gryp ‘n boek en hou dit uit na jou om te sien.

Maggie Shayne se Twilight Hunger

Maggie Shayne se Twilight Hunger

“Dit is Maggie Shayne se Twilight Hunger. Dit herhinner my bietjie aan Nora Roberts se Circle trilogie… Dis ‘n lekker vampier romanse maar vir sommige wolfmaters is die boek ‘n bietjie te stoomerig…” sê ek met ‘n knip oog.

“Een van daardie Paranormal Romanse wat eroties is soos Kelley Armstrong se boeke?” Vra jy groot oog.

“Ja, maar die een is ‘n pragtige storie. Dit gaan oor Morgan, ‘n skrywer,  met skrywer’s blok wat ‘n klomp dagboeke in ‘n ou huis se solder kry en dink dit is ‘n boek wat ‘n mal man, Dante geskryf het wat dink hy is ‘n vampier. Dan soos jy die boek lees kom jy agter Dante is werklik. ‘n lekker boek om te leesen jy kan seks tonele verby blaai. Gelukkig is daar net twee of drie in.”

“En wolfie, se tog net jy het dit nie geskip nie!?” vra jy tergend.

“Die wolfie is ‘n gentleman, wolfmater, hy se jou niks,” se ek met lag in my stem.

“Sies Wolfie, ek sal niemand mos sê nie,” sê jy.

“Wat belangrik is, is nie die laken skoffel nie, maar die storie, en die storie was nogal oorspronklik en nie soos meeste hyg romanse nie.” Ignoreer ek jou.

“Haai wolfie, so jy lees sulke boeke?!” sê-vra jy.

“Ek is openminded genoeg ja, die wolf lees alles, hie hie hie”

“So is daar nog boeke wat jy voorstel om te lees in die genre wolfie?” Vra jy gretig.

“Wel, Nora Roberts se Cycle Trilogie is een, maar jy kan ook Kelley Armstrong probeer en vir die lekkerte Neil Gaiman se Anansi Boys as jy nie lus is vir seks tonele nie.” stel ek voor.

“Ek gaan nou eers tata sê Wolfie, jy het seker baie om in te haal na die week sonder ‘n landlyn.” groet jy

“Glo my wolwemater, te veel, maar ek sal van my gedigte ook nog deel dalk later vandag. Tata mater,” 

Jy verdwyn soos ‘n vampier in die son… voor my lê nog ‘n boek en ek wonder of ek jou volgende keer van hom moet vertel.

-0-0-0-0-

Wel, dit was episode 2 van:

wat lees jy

Dankie vir die inloer, kom kuier gerus weer. Daar is baie boeke om van te vertel.

Groetnis en lekker lees,

Wolfie

(c) 2015 Allen Simpson (Wolfie)