sterre verskiet en sterre vergaan
en alles bly dieselfde as jy wetenskaplik verstaan
die sterre wat vandag in die hemele skitter
is ligjare terug dalk dood
blink spoke wat stadig sterf
so is liefde soms ‘n spook
wat verskiet
en stadig ‘n aaklige vergaan gaan

gee my eerder die liefde van ‘n vuurvliegie
een nag skitter
een nag van hello
en vlamme wat spat in passie
en dan in die donker uitdoof met ‘n knal

liefde is te veel motte om ‘n kers
te min vuurvlieggies in ‘n vlei
en (te veel idiote wat gaan dink aan die liedjie)
‘n padda het gaan opsit met sy nooi in die vlei
maar was te vol sterre-ogies
(te dom)
om ‘n vuurvlieggie te kry
ha!

(c) 2015 allen simpson

Advertisements