Anngesien vandag naby aan Internationale Gothdag is het ek en Hannelliese die pad gevat en na Hartebeespoort Dam gegaan. Maar die dag het heel anders uitgedraai want die ou wolf het ‘n vriendelike aasvoël ontmoet…. in elk geval kom ek deel die storie.

Oppad na Harties het ons eers by ‘n begrafplaas gestop en vir die engele gaan hello sê:

Harties Begrafplaas

sjuuut
sjuuut

Chameleon Village Reptile and Conservation Park

In die fantastiese Chameleon Village se slangpark was ons gelukkig om ‘n slang vertoning by te woon:

Pofadder
Pofadder

Die wolf het iets geleer oor die Pofadders. As een jou pik moet nie die are bo dit toebind soos met ander slang byte nie, want die risiko is groot dat hulle jou ledemaat gaan amputeer…. Wees versistig wolwematers

Snouted Cobra

Snouted Cobra

Die Snouted Cobra is nogal aggressief en volgens ons gids is sy gunsteling kos pofadders!

Russell Boa
Russell Boa

Die boa wou my graag ontmoet en ek was effe bangerig want ek is seker ek het na lekker kos gelyk.

All the rage in Parys dahling
All the rage in Parys dahling

Hanneliese het die wolf gewys hoe word dit gedoen en die boa soos ‘n serp gedra, nes ‘n model van Parys (Die regte Parys)

Mongoose
Mongoose

Die Mongoose was te oulik en ek het heel veilig met hom gevoel, hulle eet mos slange. Hy was lief daarvoor om my hemp se knope te knibbel.

Hanneiese en die Mongoose
Hanneiese en die Mongoose

Hanneliese was ook mal oor hom

Meerkat
Meerkat

Die Wolf wou die meerkat net opeet. Pragtige goedjies.

Meerkat en Hanneliese
Meerkat en Hanneliese

Awww, mens wil die diertjie net opvreet… ne Hanneliese?

Wasbeertjie
Wasbeertjie

Die wasbeertjie lyk amper soos ‘n pop en wou heeltyd net speel. Hy is mal oor mense en lief vir aandag.

Hanneliese en Wasbeertjie
Hanneliese en Wasbeertjie

Kyk hoe glimlag hy… knus in Hanneliese se arms.

Blue Tongue
Blue Tongue

Hanneliese en ‘n Australiaanse Blue Tongue Lizard

Bearded Dragon
Bearded Dragon

‘n Bearded Dragon gee my ‘n Drukkie

Abrakadabra
Abrakadabra

Toemaar die wolf het nie Hanneliese in ‘n skilpadjie verander nie

Skilpadjie se hello
Skilpadjie se hello

Na wolfie se toordery het skilpad sy kop gewys en vir Hanneliese hello gesê

Water likkewane
Water likkewane

Ek onthou toe ek as kind in Hammanskraal die bosveld verken het met my honde en afgekom het op ‘n klomp Tswanas of iets wat likkewane in ‘n pot gekook het. Toe ek hulle gevra het wat maak hulle toe se hulle: “We ah making da karrie vies”

Daar was baie meer om te sien maar Hanneliese glo ek wil dit ook op haar blok met julle deel.

Die aasvoël in die verhaal

Ons is daarna na ‘n Voël Park en het daar ‘n aasvoël ontmoet wat my net nie wou uitlos nie. Hy is glo lief vir wolwe….

King Vulture
King Vulture

Die King Vulture het die pragtigste blou ogies en het hom nogal soos ‘royalty’ gedra en gedoen net wat hy wou!

broek trek
broek trek

Sy hoogheid het aan my broek getrek en my geknyp met sy snawel (was donners seer) tot ek hom vryf.

Koppie krap en goete
Koppie krap en goete

Ek het die koning maar gestreel en sy koppie gekrap. Toe ons uit die hok uit loop wou hy saam… die koning wou by die wolf kom bly maar nou ja… ek dink nie my worshondjie sou daarvan gehou het nie en die Fauna en Flora mense ook nie.

Nou ja kyk gerus uit vir Hanneliese se artikel oor ons avontuur. Ek het aspris ‘n berg fotos nie gebruik nie sodat sy darem ook kan saam gesels.

Dankie julle vir die deel van my avontuur.

Groetnis

(c) allen simpson

alle fotos is die kopiereg eiendom van Allen Simpson en Hanneliese Bredell

 

Advertisements