Pragtige kruis
Pragtige kruis

Soms voel dit asof ‘n dag jou by die gorrel gryp, en Maandae veral is nou maar ‘n ‘ancient enemy’ met die mens. Jy word wakker met ‘n kreun en besef Sondag is weer dood al het hy stadig gesterf en jou week van marteling begin weer…

werk slaap werk slaap

en bid dat vrydag moet groet sodat jy saterdag kan rus….

maak nie saak of jy van die huis af werk nie en soms kroek deur bietjie laat te slaap nie. Ek is mos boerseun en moet werk… dis in my bloed. Ek is mos ‘n Afrikaner laaitie al dra ek soms swart naellak en grimering en neem weird fotos in begrafplase en rook soms sigarette wat met naeltjies (die spesery) gedokter is.

Afrikaner wees is mos in die bloed en daar is nie ‘n boek wat regtig sê ‘so moet ‘n Afrikner wees’ nie. Al se sommiges dis die bybel. Dis stront want die Ingelse en katolieke se ook so.

Afrikaner wees se nie jy moet Robbie Wessels (spoeg) of Juanita Du Plessis (gril) luister nie… gee my eerder Johannes Kerkorrel en Sias Reyneke. Afikaner is in jou bloed en taal.

En jou taal is soos ‘n fontein, praat hom en almal drink hom.

(c) 2015 allen simpson

Foto kopiereg Hanneliese Bredell en Allen Simpson