Dankie NetEk dat ek die gedig kan deel. Ek dink die gedig praat waarhede en almal moet dit lees

Net Ek

Stilte

Grense is lyne op padkaarte en breine
mense is gedagtes met gesigsuitdrukkings
jou taal is klanke wat jou vriende maak
Waar jy grootgeword het bestaan nie meer nie
verlore kinders moet loop en leer en werk om van die verlede en ontdekkingslus
te bekeer
grense verdedig hart en land
maar hart is hart
en
land is land
en
Afrikaans is Afrikaans
maak nie saak waar in die wereld jy jouself bevind nie
orals op die verkeerde paaie
ry duur motors
met moë gesigte
onderdeur bang lamppale
wat op frustreerde doodloop strate skyn
met hartseer bankkaarte
wat by leë banktellers om genade vry
en deurmekaar selfone wat langdradig kopsere wakker lui
lewe ons verby sinister advertensieborde
en senutergende koerantopskrifte
en mekaar
oral
verveelde TV’s
wat hartseer bangmaak-beelde flikker
op oorgewig sitkamerstelle
bou ons aan verleë hoop
om eendag hier iewers
‘n prentjie mooi huis by die bank te kan koop

View original post 272 more words

Advertisements