000 01 20 wyn

donker is die nag
vol geheime wat terg en lag
middernag uur
die horlosie se wysers
staan stil en tuur
(die tik-tak stop)
en volop is die bang in die stille sang van
die wagtende nag…

(iewers roep ‘n uil haar kreet)
uit die donker verskyn ‘n gevreet
honger vir warm beloftes
wat vloei uit onverwagte wynkelke
donker is die nag
naby is die uur
vir hom om sy wyn te drink
‘n glasie rooibloed vir die vampier…

(c) 2015 allen simpson

ek was lus vir ‘n lekker horror gedig met subtiele betekenisse in die woorde. Die gedig is geinspireer deur The Vampire Diaries.

Advertisements