Ek is maar ‘n skaam wolf in die kombuis. Dis is een gebied waar ek nie selfvertroue het nie. Mense lieg altyd vir my my kos is lekker. Ek moes maar self lees hoe om meel te sif voor jy wit sous maak en hoe om nie groenboontjies (na miljoen kere se probeer) nie te verbrand nie.

Mosselhappie
Mosselhappie

Gelukkig is youtube daar om my ninja lesse in kook te gee en ek deel 3 videos met julle wat my baie geleer het.

Kom ons kyk

Eerste is die liewe Suzelle wat met pragtige ‘boere-Engels’ my geleer het hoe om ‘n braai pie te maak. (en ek kan juis nie braai nie.)

Haar Engels is pragtig ne. Volgende vertel sy vir ons hoe om gesonde Pizza te maak met Mariaan (Mariaan is te oulik) en ‘n spesiaale gas…

Laaste het ek gaan kyk hoe Nathaniel iets optower om sy baas te ‘impress”. Ek hou van hoe hy die grote van die neus gat gebruik om Saffron te meet.

Nou ja, lekker kook julle en deel gerus videos met my van resepte wat julle dink my sal help om te leer kook as julle lus het. Ook, as julle nog videos wil sien soos die, se net en ek deel nog.

Dankie aan Hanneliese vir die neem van die foto

 

Advertisements