Ek hou ‘n boek na jou toe uit.

“Haai wolfie, jy het my lanklaas ‘n boek gewys” sê jy opgewonde

“Ek het min tyd gehad om boek te lees. My werk maak my pê in die aande… ek mis my leestyd.” Sug ek.

“So wolf, wolf wat lees jy?” vra jy met ‘n glimlag

Ek hou die boek nader vir jou om te sien.

“Dit is Ovid se The Serpent’s Teeth, wolfmater. Die storie in die boek is oor die twee duisend jaar oud en is gebasseer op Ovid se laaaang gedig ‘The Metamorphoses”. The Serpent’sTeeth is ‘n verwerking van Boek III, IV, V en VI van die gedig The Metamorphoses”. vertel ek en tik liggies aan die boek se buiteblad.

“Sjoe die naam klink geheimsinnig…” Sê jy groot oog.

“Die boek gaan oor die Griekse legendes en mites. Laaaaank voor die Grieke geweet het daar bestaan iets soos ‘n Jood, en laaank voor die filosoof Jesus en die Christendom begin is het mense soos die Grieke en ons voorouers die Kelte en Vikings in ander Gode geglo. Daar was nie ‘n Jesus en Christendom nie. Die boek vertel Griekse legendes en is nogal baie boeiend.” Ek glimlag terwyl ek na jou kyk. Jou ogies staar nuuskierig na die boek in my hand.

“Wat was jou gunsteling storie, wolfie?” Vra jy en skuif nader.

“Daar is eintlik ‘n paar soos die een waar die dodelike ‘serpent’ se tande in die grond gegooi is and krygers het opgespring uit die tande. En ook die noodlot van Medusa, die Gorgoon met die slange vir hare wat jou met een kyk kan versteen en dan natuurlik die storie oor die dwase man wat verlief geraak het op sy eie beeld in die water.” My arms waai mals in die lug soos ek beduie.

“Sjoe, wolfie, laat my dink aan Game of Thrones of Lord of the Rings! Dis EPIES!” sê jy verbaas.

“Ja, die ou mites en legendes was seker die ‘Lord of The Rings’ vir die mense duisende jare gelede, dink ek.” sê ek laggend

“Oooh, ek moet groet,maar ek gaan beslis ou legendes google en lees,” Sê jy opgewonde.

“Google maak mens lui! Kry vir jou ‘n boek oor mites daar is baie.” skree ek agterna terwyl jy weer verdwyn voor my.

-0-0-0-0-0-

nou ja, dit was episode 3 van:

wat lees jy

Dankie vir die inloer, Wie weet dalk kom deel ek binne-kort nog ‘n boek hier.

Groetnis en lekker lees,

Wolfie

(c) 2015 allen simpson (wolfie)

Advertisements