Hello wolfmaters

Soos julle weet het ek en Hanneliese ‘n week gelede op reis gegaan. Ons het geen akkomodasie vooruit bespreek nie (Behalwe nag een op haar pa se plaas) en het besluit om te ry na waar ons harte ons lei.

Alzu

Ons het by een van daardie langs-die-pad-eet-en-gooi-petrol plekke genaamd Alzu gestop (Iewers foor Belfast) en daar was die pragtigste Renoster beeld

Toe loop ons om ‘n draai en ‘n klein wildreservaat (die plek se eie, nogal!) het ons verras. Dit is uniek vir ‘n vulstasie!

Buffels en verskeie bok spesies het ons gegroet langs die draad.

Wat snaaks was van die plek was die Emu en Koi visse wat rustig tussen die buffels geswem het terwyl hulle gedrink het… Dit was omtrent ‘n mengel moes van diere uit verskeie lande.

Wel dit was net ‘n vinnige inleiding. Die regte storie begin volgende blog griffel en dis dalk nog vandag!!!

Groetnis,

Wolfie

(c) 2015 allen simpson

Fotos Kopiereg Allen Simpson en Hanneliese Bredell

Advertisements