Hello Wolfmaters

Soos julle laas gesien het (Hier is die skakel http://bit.ly/Alzu_Belfast) was ons by Alzu en ons het fotos ook daar geneem van die kaart om te wys waar Belfast is.

Belfast is ‘n klein Mpumalanga dorpie wat bekend is vir Forel hengel, skaap en melk plase sowel as mielies, aartappel en hout uitvoer. Die dorp is vernoem na die Belfast van Noord Ierland. Die dorp is eintlik hernoem na eMakhazeni, maar ek noem dit sommer Belfast want e-woorde is te groot vir die wolf. 😉

Hier is ‘n paar fotos van die pragtige kerk en ‘n paar lane van Belfast.

Moet pragtig wees in die somer!
Moet pragtig wees in die somer!

Kyk net die pragtige kerkie
Kyk net die pragtige kerkie
Die pragtige laan uit die kar afgeneem
Die pragtige laan uit die kar afgeneem

Die kramp in my tabernakel

Laaste wil ek julle ‘n pragtige geboutjie wys waaraan baie mense hulle tabernakels af gee…. Hoe kan mens so ‘n pragtige gebou net toelaat om tot niet te gaan 😦

Harseer om 'n gemeenskapsaal so op te dinges
Harseer om ‘n gemeenskapsaal so op te dinges
Sies Belfast, siesa man....
Sies Belfast, siesa man….

Wel dit is Belfast in ‘n neutedop. More praat ons oor ‘Stone Circles” en whisky wat jou lippe sal laat krul en ons klim ‘n bietjie in ‘n tydmasjien (Time Machine)

(c) 2015 allen simpson

Foto Kopiereg Allen Simpson en Hanneliese Bredell

Advertisements