wat sal ons doen…

… as HULLE smerig en stink
ons bekruip in die nag
ons byt en eet
ons menswees verkrag
as ons ontwaak
en in dooie strate
met nimmereinde honger staak
om mens te wees…

doodlopers word
zombies
in ‘n Romero waansin droom
wanneer realiteit ontsoom
uit sy nate bars
en die dood sy tande kners

eendag as die dood
so stink en afstootlik
oor ons drumpels loop
en ons van ons laaste menswees stroop
wie sal onthou…

die mooi in wat was
in die doderyk se laaste lag…

(c) 2012 allen simpson
Geinspireer deur die fliek Dawn of the Dead

Konsep Kuns deur Keith van Zyl
Fotografie: Theo Breedt
Model: Wolfie