Hello Wolfmaters

Soos julle kan onthou was ons by Belfast (Volg skakel hier: http://bit.ly/pelgrims_op_Belfast) en toe ry ons na Dullstroom. Oppad soontoe het ‘n grooooot dors ons getref…

Toe onthou ons dat ons van ‘n plek gelees het genaamd Wild About Whisky en die wolf het juis Skotse bloed. Die kroeg laat mens whisky proe soos net soos wyn connoisseurs en om whisky te proe het sy eie ritueel.

Kom laat die wolf julle wys

Kom laat die wolf julle wys

Eerstens kom ‘n lieflike dame en gee jou ‘n spyskaart. Daar is oor die 300 whiskys om van te kies. Die wolf het besluit op ‘A Walk through the Glen’. Hier is ‘n foto van my keuse:

A Walk Through The Glen
A Walk Through The Glen

Hanneliese het besluit op die ‘The Islands’ Keuse.

The Islands
The Islands

Die dame het toe ons drankies voor ons neergesit op spesiale matte wat onder elke glas aangedui het wat ons proe.

Genoeg om enige dors wolf se lippe laat kwyl
Genoeg om enige dors wolf se lippe laat kwyl
Die wolf het summier uit respek sy hoed afgehaal soos 'n trotse Afrikaner seun en rustig geraak met die vloei-goud voggies
Die wolf het summier uit respek sy hoed afgehaal soos ‘n trotse Afrikaner seun en rustig geraak met die vloei-goud voggies

En natuurlik het wolf-se-kind en Hanneliese oor en weer by mekaar geproe en twee whiskies gekies wat volgens ons wenners was

Wenner 1 : Glenfiddich15 Year old Solera Reserve

Wenner van 'A Walk Through the Glen' Keuse
Wenner van ‘A Walk Through the Glen’ Keuse

Wenner 2: Bowmore 12 Years Old

Wenner van 'The Islands'Keuse
Wenner van ‘The Islands’Keuse

Die wolf het omtrent uit die deure gesweef en beveel Wild About Whisky in Dullstroom vir enige fynproewer aan. Daar is niks ‘Dull’ in Dullstroom nie en ons gaan weer hier kuier… maar dit is eers veel later en baie het tussen-in gebeur. Maar dit vertel ek julle in die volgende paar dae.

Ek laat julle met ‘n ou prosa stuk wat ek oor whisky geskryf het paar jaar gelede:

Whisky is beautiful

Picture this: a glass with ice cubes in and slowly you pour in the whisky, some of the ice rattle with excitement and the whisky makes the ice even more translucent, giving shapes midst the amber whisky. That is not the beautiful part.

Gently you lift the glass and sniff and get the smell of oak and rye and it is almost as if you can stretch you hand and feel the rye in the field brushing you hand. That is not the beauty.

You take a sip and an explosion hits your mouth, your palate soar, you see visions of jesus, Allah and Buddha waving, that is not the beautiful part.

You swallow and sigh and the world feels as if it exhales a sigh. That is the beautiful part. Whisky is beautiful xxx

(C) 2013 allen simpson

(c) 2015 allen simpson

Whisky is Beautiful het voorheen in die blog verskyn

Alle fotos is die kopiereg eiendom van Allen Simpson en Hanneliese Bredell

Advertisements